Thank You Notes

Wow, I’m still speechless. I have never felt as beautiful as I did at my wedding! The entire experience with Cindy has been extremely special and something I will cherish
for the rest of my life!  Again, thank you for making me feel like royalty!!  Thank you to not only Cindy, but her entire team. The hands that put it all together and Andree!! 
All my love, Caitlin

Once again, I cannot thank you enough for everything you did for me. You made the experience of finding a wedding dress so special. You are such an amazing person, and you have an incredible team. 
Thank you from the bottom of my heart. 
Lots of love, Caylah 

Thank you once again for everything -
reliving the moments while looking at these pictures is just the most special thing, 
and remembering how untouchable I felt in my dress. 
Chelsea

Cindy, duisende dankies vir droom rok!
Dit het alle verwagtinge wat ek gehad het oortref
en ek was heel dag gemaklik daarin.
My rok en al die bykomstighede was perfek.
Dankie vir al jou moeite, en dat jy my met elke fitting soos die enigste bruid in jou skedule laat voel het.
Ek sal verewig dankbaar wees
aan jou en jou span.
 Allison

Weereens dankie vir die MOOISTE rok ooit…
dit was die beste dag.
Nadene

 We had such a beautiful day,
it was a dream, absolutely incredible. 
Nadja

Nogmaals dankie vir my pragtige rok!! Sheree 

Ek wil net my dankbaarheid aan die wonderlike Cindy betoon,
sy het my sprokiesbruilof ‘n werklikheid gemaak.
Baie dankie Cindy vir my beeldskone rok,
ek het my sprokie ge-eien in hierdie pragtige rok.
Angeline

My hart loop oor!
Die mense het gegons oor my rok
en ek het soos 'n Mejuffrou Wêreld daarin gevoel!
Dankie vir jul toewyding en omgee
en passie vir wat julle doen.
Ek het my rok geLOVE. 
Angie

Baie baie dankie vir alles.
Dankie vir my kamerjassies, veil en baie mooi rok.
Ek waardeer al julle ekstra moeite. 
Anina 

Weereens ongelooflik baie dankie dat jy my
die rok gemaak het waarvan ek GEDROOM het.
Ek't so ongelooflik mooi gevoel.
Die rok was ONGELOOFLIK gemaklik en alles was net perfek. Dankie vir jou tyd en hoe jy my laat voel het in elke fitting. Dit was n ongelooflike lekker experience en dis alles te danke aan jou. 
Annie

A heartfelt Thank You to each and everyone
for making our day indescribable.
The most perfect day that far exceeded all
and every expectation. 
A day of pure love, pure joy and pure fun! 
Arantxa

’n Baie groot dankie aan Cindy en haar ongelooflike span. Ek het na my afspraak met Cindy ‘n rustigheid ervaar en geweet, sy gaan my rok vir my maak. En elke afspraak daarna was net ‘n absolute plesier.
Ek het elke keer soos Cindy se enigste bruidjie gevoel met die hoeveelheid tyd en liefde wat sy aan my en my rok gegee het. Die eindproduk het my wildste verwagtinge oortref. Sy is meer as net ‘n rok. Sy het ‘n persoonlikheid van haar eie en het almal wat haar gesien het bewoë gehad. Ek het soos ‘n sprokie bruid in haar gevoel en kan nie genoeg dankie sê nie.
Dit was ‘n voorreg om saam met Cindy en haar ongelooflike span te bou aan my droom rok en sal elkeen van julle ewig dankbaar wees. Sal julle met ‘n glimlag en rustige hart aanbeveel. 
Baie liefde vir elkeen van julle.  
Bianca

Ek wil net vreeslik baie dankie sê vir my pragtige trou rok. 
Dit is werklik 'n besonderse rok en het my soos 'n prinses laat voel. 
Bronwyn 

Ek wil net ongelooflik baie dankie aan Cindy
en haar span sê dat hulle in die chaos van COVID steeds my ervaring magical gemaak het!
Julle het uit julle pad gegaan om my laaste fitting op my verjaarsdag te laat gebeur, en het my met elke geselsie en aanpas soos die mooiste bruid laat voel!
'n Duisend dankies sal nooit genoeg wees nie! 
Liefde, Chené

Dankie vir al julle harde werk, goedhartigheid en liefde.
Julle passie en omgee is in elke steek van my rok sigbaar en dit is hoekom ek so mooi daarin lyk en voel! 
Dalene

It was an absolutely wonderful day and the dress was amazing. I felt like a complete goddess!
Emily-Rose

Cindy & span, baie baie dankie dat julle my klein dogtertjie drome kon laat waar word en my so pragtig laat voel het in my trourok. Met die  intrapslag, het ek geweet dat ek by julle my perfekte rok gaan kry!
My verwagtinge was oortref, en ek het met elke afspraak met 'n knop in my keel huis toe gegaan, met die wete, dat ek my beter helfte se asem gaan wegslaan voor die kansel. Dankie dat ek op my gemak kon voel, en dat ek raad kon vra.
Julle is 'n wenspan, en ek wens elke toekomstige bruid, die ervaring toe, wat ek gehad het.
Liefde Franci

Ek weet nie hoe ek ooit genoeg sal kan dankie sê vir julle vriendelikheid, ongelooflike diens en die mooiste mooi rok nie! My rok was perfek, gemaklik en presies wat ek wou hê. Dankie Cindy vir jou leiding met die kies van my bykomstighede en dat jy my met elke aanpassessie net nog meer laat uitsien het na ons troudag!
Cindy, jou tyd en moeite met die kleinste details maak jou net nog meer amazing in dit wat jy doen.
Jeanine

Baie dankie vir al julle tyd en moeite met my rok.
As 'n bruid wat nie in die Kaap woon nie en weens Covid vir byna 2 jaar in dieselfde rok moes in pas,
kan ek regtig nie in woorde beskryf hoe dankbaar ek is vir al julle raad en harde werk nie.
Julle is fantasties en ek was dol oor my rok!
Kon regtig nie myself in enigiets anders insien nie en dit was baie gemaklik. Julle is ‘n uiters talentvolle span en het my elke oomblik laat geniet van die proses.
Nita

Working with you and your team to create my wedding dress was an absolute dream. You were kind, patient and meticulous throughout the whole process
and always made each fitting such fun. 
I adored my wedding dress and how it made me feel:
elegant, comfortable, incredibly happy and very much myself.  I can't recommend you enough. 
Lots of love, Kate